AARTAPPELWYN
Skil 2 groot aartappels en rasper dit fyn.
Voeg daarby 5 liter louwarm water, 2 kg karamelsuiker, 1 kg rosyne,
350g koringkorrels, die fyngerasperde skil en sap van 2 groot suurlemoene asook
30g aktiewe droëgis.
Bedek die houer met 'n doek en laat die mengsel gis. Roer dit af en
toe. Syg die mengsel na 3 weke deur en bottel die filtraat. Die wyn sal na 'n
maand helder word. Gooi 'n bietjie witsuiker in elke bottel en kurk toe. Die
wyn is nou reg om gedrink te word, maar hoe langer dit verouder, hoe lekkerder smaak
dit.
BRANDEWYN-LEMOENLIKEUR
3 groot lemoene
250 ml brandewyn
250 g suiker
2 ml fyn koljander
2 ml fyn kaneel
Rasper die lemoene se skille. Druk 250 ml lemoensap uit. Meng alle
bestanddele en laat staan vir 2 dae lank. Roer mengsel gereeld. Giet mengsel
deur doek en verwyder pulp. Giet vloeistof in gesteriliseerde fles en verseël.
Bedien teen kamertemperatuur of verkoel.
FLUWEEL LIKEUR
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal melk
10 ml vanielje geursel
5 ml sterk koffie
200 ml whiskey
Meng kondensmelk, Ideal melk en vanielje geursel saam. Meng koffie met
die whiskey en voeg by die melk mengsel. Klits goed en bedien of bottel en bêre
in yskas.
GEMMERBIER
20 ml gemaalde gemmer
10 liter lou water
1.6 kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
Voeg die gemmer by die water en suiker en roer tot die suiker opgelos
is. Voeg die res van die bestanddele by. Giet die mengsel in 'n plastiekemmer
met 'n deksel en laat dit 24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die
filtraat in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie. Plaas
2 tot 3 van die rosyne in elke bottel en draai die proppe lossies vas. Laat die
bier 'n dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar
word.
KORINGBIER
Was 250 ml broodkoring deeglik en laat dit 24 uur lank in koue water
week. Gooi die water af en voeg 250 ml bruinsuiker, 6 gekneusde rosyne, ¼
koekie gis en 1.5 liter lou water daarby. Roer tot die suiker opgelos is en sit
die deksel liggies op.
‘n Groot vrugte vles of ‘n vererde emmertjie wat 1¾ liter kan bevat, is ‘n
geskikte houer.
Laat dit 24 uur lank staan en gooi die vloeistof af. Bottel dit en
laat dit 12 tot 24 uur staan voor gebruik.
Gooi weer 250 ml bruinsuiker by die koring en rosyne. Voeg 1.5 liter
lou water by, roer dit om en laat dit weer 24 uur lank staan voor dit afgegooi
word. Herhaal die proses elke dag en bottel die vloeistof wat afgegooi word. 12
tot 24uur nadat dit gebottel is, sal die bier gereed wees. Dien dit koud op.
LET WEL: Die eeste 2 of 3 keer sal die bier baie flou wees en ‘n lang
tyd in beslag neem nadat dit gebottel is, om te gis. Dit kan weggegooi word en eers na die derde
toevoeging van suiker en water gebottel word. Die proses kan 5 tot 6 weke lank elke dag herhaal word
met die gebruik van dieselfde koring. Wanneer die gisting goed aan die gang is
moet dit nie langer as 12 uur gelaat word voordat die bier afgegooi word nie,
anders sal die koring suur word. Indien ‘n paar stukke gekneuste gemmer en/of ‘n
paar stukke pynappelskil by die koring gevoeg word, sal dit die smaak van die
bier verbeter.
LEMOEN-EN-SUURLEMOEN-STROOP
8 sappige lemoene
4 sappige suurlemoene
1.5 liter kookwater
1.2 kg wit suiker
15 ml wynsteen of sitroensuur
Rasper net die oranje en geel buiteskil van die lemoene en suurlemoene
dun af. Moet nie die albedo ook rasper nie aangesien dit die stroop bitter sal
laat smaak. Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en voeg dit by die
gerasperde skil. Voeg die res van die bestanddele by en roer tot die suiker
opgelos is. Verhit die mengsel tot kookpunt en kook dit vir 5 minute lank. Laat
die stroop afkoel, syg dit deur en bottel en verseël dit.
Om te skink: Skink dit in lang glase, verdun (indien verkies) met soda of yswater,
met 'n paar ysblokkies.
LIMONADE
500 ml suiker
250ml water
250 ml vars suurlemoensap
Meng die suiker en water in 'n kastrol en verhit dit stadig terwyl dit
aanhoudend geroer word totdat die suiker opgelos is. Verhit die stroop tot
kookpunt en laat dit 5 minute lank kook oor matige hitte sonder om te roer.
Laat die stroop afkoel en voeg die suurlemoensap by. Suig die limonade deur 'n moeseliendoek
en bêre dit in 'n houer met 'n deksel in die yskas. Bedien die limonade deur 30
ml van die suurlemoenstroop by 'n glas yswater te voeg. Lewer ongeveer 600 ml
onverdunde stroop.
MAROELABIER
1 liter ryp maroelas
10 liter lou water
1.6 kg wit suiker
150g rosyne
10g aktiewe droëgis
10 ml kremetart
10 ml wynsteensuur
Sny 'n kruis in elke maroela. Kneus die vruggies liggies en voeg die
water en suiker by. Roer dit totdat al die suiker opgelos is. Voeg die res van
die bestanddele by. Giet mengsel in 'n plastiek emmer met 'n deksel en laat dit
24 uur lank gis. Syg die bier daarna deur en giet die filtraat in
gesteriliseerde bottels.
Moenie die bottels te vol maak nie. Net soos met die gemmerbier, plaas
2 tot 3 rosyne in elke bottel en draai die doppe liggies vas. Laat die bier 'n
dag of twee by kamertemperatuur gis voordat dit in die koelkas bewaar word.
PYNAPPELBIER
4 groot pynappels se skille
7 liter warm water
1.2 kg wit suiker
12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis