GEBRAAIDE AARTAPPELS
8 middelmatige aartappels
Gesoute kookwater
125 ml kookolie
5ml gemengde kruie
knippie borrie (vir ‘n mooi goudbruin kleur)
Witpeper
Kook die aartappels in soutwater vir 10 minute. Dreineer. Meng die
olie, kruie, peper en borrie en plaas die aartappels daarin tot ‘n uur voor
etenstyd. (Dit kan
die dag vantevore al gedoen word). Braai sowat ‘n uur lank in ‘n voorverhitte
oond van 180ºC tot goudbruin en bros.
ONTHOU! Gebraaide aartappels moet onmiddelik opgedien word.
GEELRYS MET ROSYNE
6 koppies kookwater
37.5 ml suiker
5 ml borrie
bietjie kaneel
7 ml sout
Sodra hierdie kook, voeg by:
500 ml rys 250 ml rosyne
Laat 10 minute vinnig kook en laat dan verder baie stadig kook tot
gaar. Moet nie roer nie.
GEGEURDE KRUMMELPAP
Maak krummelpap soos ondergemelde resep
Jy het verder nodig:
1 gekapte ui 1 knoffelhuisie, gekneus en gekap
5 ml borrie 1 rooi of groen soetrissie, gekap
Sout en peper 45 ml gerasperde parmesaan kaas
Braai die uie en knoffel tot deursigtig,. Voeg die borrie, soetrissie,
sout en peper by, en braai vir vyf minute. Meng saam met parmesaan kaas by die
pap, en laat dit goed warm word, sodat die geure tyd het om deur die pap te
trek.
KRUMMELPAP
250 ml water
5 ml sout
500 ml growwe mieliemeel
Bring water tot kookpunt. Voeg sout by en strooi mieliemeel daarin.
Verlaag hitte. Kook vir 15 minute. Roer met 'n vurk of agterkant van 'n
houtlepel om krummeltekstuur te verkry. Prut
vir 'n verdere 45 minute, halfbedek. Roer nog so 2 maal tydens die prutproses.
LEPELBROOD
'n Skep van hierdie brood met 'n smeerseltjie botter is heerlik saam
met braaivleis
450 ml melk
300 ml mieliemeel
5 ml sout
50 ml margarien, gesmelt
4 eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer 'n diep oondvaste bak van 24cm
met margarien. Verhit die melk tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die
mieliemeel geleidelik by. Roer tot glad. Plaas terug op die hitte en laat kook
tot die mengsel verdik het [die plaat moet nie hoog wees nie]. Roer elke nou en
dan. Voeg die sout, asook gesmelte margarien by. Verwyder van die hitte en laat
heelwat afkoel. Klits die eier gele en vou by die mengsel in. Klits die
eierwitte styf en vou ook by die mengsel in. Skep in voorbereide bak en bak
sowat 35 - 40 minute lank of tot gaar. Lewer 4 - 6 porsies.
SOUSBOONTJIES
500 ml gaar, gespikkelde bone
125 g spekvleis, fyn gesnipper
1 ui, gekap
50 ml bruinsuiker
15 ml mosterdpoeier
5 ml sout
2 ml swartpeper
30 ml wynasyn
200 ml water of bone-aftreksel
Meng al die bestanddele saam en plaas in 'n vuurvaste oondskottel. Bak
dit vir 1 uur in 'n voorverhitte oond by 180ºC.
STYWEPAP
1 liter water
12.5 ml sout
750 ml mieliemeel
12.5 ml botter
10 ml olyfolie
Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk (nie ‘n lepel nie)
genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie
by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot
gaar. Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die
pap nie rys nie.
TAMATIE EN UIESMOOR
1.5 kg tamaties, geskil, in kwarte gesny
45 ml sonneblomolie
6 medium uie, fyngekap
60 ml vars pietersielie, fyn gekap
10 ml bruinsuiker
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
Plaas tamaties in ‘n groot kastrol en prut oor lae hitte tot sag en
pulpagtig. Verhit intussen olie in ‘n braaipan en soteer uie en pietersielie
oor lae hitte tot uie deurskynend is. Roer gaar tamaties, suiker, sout en peper
by. Bedek deeglik en prut 10 - 15 minute.
TAMATIE STAMPMIELIES
500 ml rou stampmielies (oornag geweek)
1 ui, fyn gekap
Olie
3 tamaties, ontvel en fyn gekap
Sout en varsgemaalde swartpeper
150 ml Cheddarkaas (gerasper)