Pasteie

DRIE-VLEIS PASTEI

1 kg beesfilet, in blokkies gesny
250 ml koekmeelblom
250g bladspekvleis, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
100 ml gemaalde vleis
1 ui, gekap
250g knopie sampioene, in skyfies gesny
Botter
1 - 2 rolle bevrore skilferkors ontdooi
Geklitste eiergeel

Kors:
Rol die skilferkors dunner uit en voer 'n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg. Druk die kante vas met ‘n vurk. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25 - 30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

Vulsel:
Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng die filet, maalvleis en spekvleis saam. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is. Meng met die uiemengsel.


HOENDERPASTEI

Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word. Die deeg kan tot drie maande bevries word.

Kors:
250 ml koekmeel
2 ml sout
5 ml mosterdpoeier
125g koue botter
125g gladde maaskaas

Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot 'n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel 'n paar uur.

Vulsel:
675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen
500 ml hoenderaftreksel
60g botter
150 ml koekmeel
375 ml melk
45 ml sjerrie
Suurlemoensap
Sout en vars gemaalde swartpeper
30g botter
1 middelslag ui, gekap
3 middelslag wortels, in ringe gesny
2 klein selderystingels, in ringe gesny
125 ml bevrore ertjies, ontdooi
45 ml gekapte vars pietersielie

Plaas die vleis en aftreksel in 'n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloeistof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik 'n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit 'n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte totdat dit prut terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurlemoensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die 30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute. Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in 'n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.


KAAS & UIEPASTEI

Kors:
25 ml margarien
1 eier, geklits
250 ml volkoringmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout

Smelt die margarien en klits dit en die eier saam. Sif die droë bestanddele saam en voeg die
eiermengsel daarby. Meng dit tot ‘n sagte deeg. Voeg bietjie water daarby indien nodig. Verdeel die deeg in twee dele en voer ‘n gesmeerde tertbord met die een helte van die deeg. Druk dit vas met die vingers. Hou die ander helfte eenkant.

Vulsel:
12.5 ml olie
2 middelslag uie, gekap
500 ml gekapte grasuie
12.5 ml sampioen soppoeier
5 ml sout varsgemaalde swartpeper na smaak
Knippie rooipeper
375 ml gerasperde kaas
1 eier
250 ml afgeroomde melk

Verhit die olie en soteer die uie totdat dit sag en deurskynend is. Verdeel die uie in twee dele. Soteer die grasuie ongeveer 5 minute lank. Meng die een helfte uie, die grasuie en die soppoeier, sout en peper en 250 ml van die kaas. Klits die eier en melk saam en voeg by die kaasmengsel. Skep die vulsel in die voorbereide kors. Rol die res van die deeg uit in ‘n sirkel met dieselfde deursnee as die tertbord en bedek die vulsel daarmee. Vorm die rande netjies en sny ‘n kruis in die middel. Bak die pastei ongeveer 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 190ºC. Haal uit die oond, versprei die res van die uie egalig bo-op en strooi die res van die kaas oor. Bak dit nog 10 - 15 minute lank.
Lewer 6 porsies.


MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5 ml koljander
37,5 ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50 ml gerasperde kaas

Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep kors oor vleismengsel.

Kors:
2 eiers
125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter
125 ml gaar rys
125 ml meelblom
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.


OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI

1 ui, fyngekap
Olie
500g maalvleis
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
Sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel
60 ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny
50 ml suurroom
50 ml Cheddarkaas, gerasper
Paprika

Voorverhit die oond tot 180ºC. Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.


PAMPOENPASTEI

4 x 250 ml pampoen in blokkies gesny, effens gekook
250 ml suiker
2 eiers
250 ml meel
10 ml bakpoeier
37.5 ml gesmelte botter
250 ml melk

Klits suiker en eiers baie goed. Voeg meel, bakpoeier en sout by. Voeg gesemelte botter en melk om die beurt by. Plaas pampoen op die boom van ‘n gesmeerde vuurvaste skottel. Gooi deeg bo-oor en strooi pypkaneel oor. Bak by 180ºC vir ± 45 minute. Lewer 10 porsies.


VISSERMANPASTEI

25 ml olie
1 groot ui, geskil en gekap
2 vet knoffelhuisies, geskil en gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
Sout en peper
Gerasperde skil en sap van een suurlemoen
1 kg skel- of stokvisfilette
25 ml gekapte pietersielie
4 x 250ml fyngemaakte, gaar aartappels
50 ml botter
2 ekstra-groot eiers, geklits
Gerasperde neutmuskaat
5 ml aangemaakte Engelse mosterd
15 ml melk

Gebruik 'n groot kastrol, skep die olie in en verhit totdat dit matig warm is. Voeg die uie en knoffel by en roerbraai totdat die uie sag is. Voeg die tamaties by en roer deur. Geur met suiker, sout en peper. Roer die suurlemoenskil en -sap by. Rangskik die vis op die sous en bedek die kastrol. Prut oor LAE hitte totdat die vis gaar is. Verwyder die kastrol van die hitte, verwyder die deksel en laat staan totdat die vis effens afgekoel het. Skep die vis uit die kastrol, trek die vel af en verwyder alle grate. Vlok die vis, strooi die pietersielie oor en hou eenkant. Meng die aartappels met die botter en roer die eiers by. Geur met neutmuskaat en mosterd. Proe en voeg sout by soos benodig. Waarskuwing: Indien jy skelvis gebruik, moet jy nie die aartappels te veel sout nie, anders gaan die "pastei" te sout wees.