SKOTTELGOEDSEEP
400g waspoeier
500 ml kookwater
750 ml vloeibare skottelgoedseep
250 ml brandspiritus
250 ml suurlemoensap
5 liter koue water
Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot 'n pasta. Laat afkoel.
Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op.
Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die
opwasmiddel en verseƫl dit.
VLOEIBARE MEUBELPOLITOER
250 ml rou lynolie (om die hout te voed)
250 ml terpentyn (om vet te verwyder)
125 ml bruinasyn (om skoon te maak)
125 ml brandspiritus (om glans te gee)
Giet die bestanddele in 'n bottel en skud dit goed voor gebruik. Smeer
die politoer dun aan die meubels en laat dit ongeveer 'n kwartier aanbly
voordat dit op die gewone manier met 'n sagte lap blink gevryf word.
WASMENGSEL VIR KOMBERSE
Vermeng 675g waspoeier, 250 ml brandspiritus en 20 ml bloekomolie en
bewaar dit in 'n digte houer.
Los 'n koppievol van die seepmengsel in 'n bad water op en week vuil
komberse 'n rukkie daarin. Drukdruk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse
in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Nota: Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon
en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte.