GEMMER LEMOENWORTELS
80g suiker
5 ml gemaalde gemmer
10 ml mielieblom
60ml asyn
750 ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15 ml olie
10 ml gerasperde lemoenskil (opsioneel)
Meng suiker, gemmer en mielieblom in 'n kastrol. Voeg asyn geleidelik
by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute
stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde
inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas nadat dit oopmaak is.
GROEN PIEKEL BRANDRISSIE
600g brandrissie
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie
Sny rissies oop en verwyder sade, indien verkies. Gooi kookwater oor
rissies en laat 1 minuut staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels,
lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot
suiker gesmelt is en terwyl nog warm, - nie gekook. Gooi dit in gesteriliseerde
fles.
GROENTE ATJAR
50 ml sout
2 liter water
1 blomkool in blommetjies gebreek
4 wortels geskil en in skyfies gesny
2 uie grof gekap
4 brandrissies - ontpit en fyn gekap
2 knoffeltoontjies fyngedruk
1 liter olie
80 ml atjar masala of gewone masala
Los sout in water op en sit wortels, blomkool en uie daarin. Week vir
24 uur en dreineer en druk droog. Verhit olie saam met rissies, knoffel en
masala tot goed warm. Meng groente en oliemengsel en sit in gesteriliseerde
bottels. Laat afkoel en verseël.
HEEL GEPIEKELDE PERSKES [kan ook gesnyde perskes
wees - verkort net kooktyd]
2 kg meduim taaipitperskes , geskil
heel naeltjies
500 ml asyn
250 ml water
450g suiker
3 heel kaneelstokkies
3 stukke steranys
Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en
asyn water. Kook 3 minute in kookwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra
stroop gereed is.
Stroop:
Verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is.
Laat 5 minute lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in
elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet
heeltemal bedek wees. Verseël. Bedien saam met vleis.
INGELEGDE KOOL
2 kg vars kool, gekerf
1 kg uie, gekerf
25 ml kerriepoeier
12.5 ml borrie
750 ml asyn
750 ml suiker
25 ml sout
30 ml mielieblom
Was kool en dreineer goed. Kook kool, uie, suiker, sout en asyn saam
tot kool sag is, maar nie pap nie. Maak kerriepoeier, borrie en mielieblom met
'n bietjie asyn aan en voeg by koolmengsel. Laat goed deurkook en bottel terwyl
koolmengsel nog warm is. Dit hou baie goed in die yskas.
KNOFFELASYN
1 middelslag ui
3 medium tot groot knoffelhuisies
2 lourierlare
1 takkie dragon
3 heel kruie naeltjies
1 ml gemaalde neutmuskaat
1 ml sout
750 ml wit wynasyn
Skil die ui en kap dit baie fyn. Skil en kneus die knoffelhuisies.
Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in
die son trek. Skud die fles af en toe. Syg dit daarna deur en bottel en verseël
die filtraat.
KOMKOMMER PIEKELS
12 gewone komkommers (nie Engelse komkommers)
1.25 liter warm water
500 ml druiwe asyn
20 ml sout
60 ml suiker
5 rooi brandrissies (opsioneel)
16 peperkorrels
8 lourierblare
10 ml speserye vir suurtjies
5 knoffelhuisies
Moenie die komkommers skil nie. Krap dit in die lengte met 'n vurk.
Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in
'n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel
kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met 'n gaatjieslepel
en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas 'n brandrissie in elke bottel.
Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif. Skep 'n teelepel van die
gedreineerde speserye in elke fles. Maak die flesse goed vol met die
gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik. Lewer 5 liter.
PLAAS KERRIE BOONTJIES
2 kg vars groenboontjies
500g uie, geskil en in skywe gesny
500 ml kokende soutwater
375 ml asyn
15 ml sout
375 ml suiker
30 ml kerriepoeier
30 ml koekmeelblom
Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende
soutwater. Dreineer. Kook asyn, sout en suiker 'n paar minute. Meng
kerriepoeier en meel met 'n bietjie water. Voeg by asyn mengsel en roer by matige
hitte tot dik. Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed. Skep in
gesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik.
ROOI SLAPHAKSKEENTJIES
1.5 kg dwerguitjies
150g gebleikte sultanas
125g wit suiker
250 ml wit asyn
250 ml water
125 ml tamatiepasta
50 ml sonneblomolie
2 ml sout
Knippie rissiepeper