BOEBER
1 liter melk
1 stuk pypkaneel
5 kardamomsade
100 ml sultanas
50 ml gepelde amandels, [of neute] gekap
20ml sago, geweek in 50 ml water
100g vermicelli
Bring die melk, kaneel en kardamomsade tot kookpunt en voeg die
sultanas, amandels [neute], sago en vermicelli by. Laat prut oor lae hitte
totdat sago deurskynend en die vermicelli sag is. Roer elke nou en dan om te
keer dat dit aanbrand. Voeg nog melk by indien verkies. Verwyder die sade
voordat dit voorgesit word. Lewer 4 porsies.
BOEREJONGENS
Verhit 500g rosyne, 250 ml water, 200g witsuiker en 1 stokkie
pypkaneel stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin om die suiker te
laat oplos. Kook dit vir 10 minute oor matige hitte. Giet die stroop af en
plaas die rosyne in warm glasflesse. Vul die flesse met skoon brandewyn of om
die helfte stroop en die helfte brandewyn. Bedien met roomys.
Nota: Voeg versuikerde pynappelstukke by wanneer dit geët word !!!
DOEKPOEDING
5 koppies meelblom
250 ml ontpitte rosyne
5 eiers, geel en wit geskei
250 ml dadels
1½ koppie appelkooskonfyt
½ teelepel gerasperde neut
250 ml botter
25 ml koeksoda
250 ml suiker
½ koppie melk
½ teelepel sout
Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die
appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda
op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif
die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en
vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom
oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir
die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel
van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse. ‘n
Lekker wynsous smaak heerlik hierby.
GEBAKTE RYSPOEDING
250 ml rou rys
1 liter melk
250 ml suiker
4 ekstra groot eiers, geklits
1 Blikkie ingedampte melk
10 ml vanielje geursel
60ml sagte bruinsuiker
Kook die rys volgens aanwysings op die pakkie tot gaar en dreineer.
Plaas gaar rys terug in die kastrol [matige hitte] en voeg die melk en suiker
by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat sowat 45 minute lank stadig prut
totdat meeste van die melk afgekook het en die mengsel romerig is. Verwyder van
hitte en laat effens afkoel. Voorverhit intussen die oond tot 160ºC en bespuit
7 klein glasbakkies (ramekins) met kleefwerende kossproei. Klits die eiers,
ingedampte melk en vanielje geursel saam en roer by die rys in. Verdeel die
mengsel in die ramekins en plaas in 'n dieperige oondpan. Vul die pan halfpad
met kookwater. Plaas in die oond en bak sowat 45 minute lank of tot gestol.
Laat staan 15 minute lank in die water. Verwyder die glasbakkies (ramekins) uit
die water en sprinkel 'n dik lagie bruinsuiker bo-op elkeen. Laat net so staan tot voordat dit voorgesit word. Verhit die
rooster element van die oond en plaas die poedings ongeveer 20 cm van die
element. Rooster totdat die bruinsuiker gesmelt en gekarameliseer is. Verwyder
en sit voor. Die bruinsuiker maak 'n harde lagie bo-op die poeding wat met die
lepel gebreek word om by die sagte poeding onder uit te kom.
GOUE BROOD EN BOTTERPOEDING
4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
Appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker
Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi
melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein blokkies
botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180ºC) tot ligbruin. Haal uit . Smeer
appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker
en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op
goudbruin is. Bedien warm met vla.
KOEKSTRUIF
410g ingelegte appelkose of enige ander vrugte
1 sponskoek
250 ml room
1 eierwit
37.5 ml appelkooskonfyt
500 ml melk
25 ml sjerrie
25 ml vlapoeier
25 ml suiker Kersies en neute vir versiering
Smeer die konfyt oor die sponskoek en sny dit in vierkantige blokkies.
Pak dit in ‘n glasbak. Meng die sjerrie en stroop van die ingelegde vrugte en
gooi dit oor die koek. Sny die appelkose en skep dit oor die koek. Meng die
suiker en vlapoeier en voeg ‘n bietjie van die melk by. Verhit die res van die
melk [oor matige hitte] en voeg die vlapoeier by. Kook tot gaar en laat afkoel.
Gooi die vla oor die appelkose. Klits die eierwit styf en voeg die room by wat
geklop is. Skep dit bo-op nagereg. Versier met verglansde kersies en neute en
plaas in yskas om koud te word.
MALVA POEDING
250 ml strooisuiker
2 eiers teen kamer temperatuur
15 ml fyn appelkooskonfyt
1¼ koppie meelblom
5 ml koeksoda
Knippie sout
30 ml botter
5 ml asyn
125 ml melk
Gebruik ‘n medium grootte mengbak. Klop die eiers en strooisuiker met
‘n klitser deeglik saam tot lig en donsig. Klop die appelkooskonfyt by. Sif die
droë bestanddele drie maal saam. Smelt die botter en voeg dit by die asyn en
melk. Vou die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel.
Gooi die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Bak vir
45 minute teen 180ºC.
Sous:
250ml room
125ml botter
125ml suiker
125ml lemoensap, sjerrie of brandewyn
Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding sodra
dit uit die oond kom. Steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk om die sous te
help intrek. Dien warm op saam met vla of room.
OUTYDSE ASYNPOEDING
Sous:
500 ml water
500 ml suiker
125 ml asyn
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5
minute en laat afkoel.
Deeg:
30 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml gemmer
1 ml sout
2 ml neutmuskaat
30 ml appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer 'n oondbak van 26 cm met
botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een
vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt
by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous
bo-oor.
Bak vir 30 - 40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys.
Genoeg vir ses mense.
SAGOPOEDING
750 ml melk
125 ml sago
15 ml margarien
Knypie sout
75 ml witsuiker
50 ml appelkooskonfyt
6 ekstra-groot eiers
Verhit die melk, sago, margarien en sout in ‘n dikboomkastrol tot kookpunt.
Stel die hitte laer en prut die mengsel totdat die sago deurskynend is. Roer
gereeld. Voorverhit die oond tot 200ºC en plaas ‘n pan met kookwater op die
onderste oondrak. Smeer ‘n oondvaste bak van 25 x 15 x 5 cm. Klits die witsuiker,
appelkooskonfyt en eiers goed saam. Voeg dit by die sagomengsel en meng goed.
Giet die mengsel in die bak. Bak die poeding 25 - 30 minute tot goudbruin en
gaar. Sit dit louwarm voor met vla.
VYE IN PORT
500 ml water
300g wit suiker
15 ml heel kruie naeltjies
1 groot suurlemoen
750 ml port
1.5 kg vye