GEMMERKOEKIES
125 ml botter
125 ml gouestroop
1 eier
750 ml koekmeelblom
250 ml suiker
15 ml gemmer
5 ml koeksoda
2 ml sout
35 ml melk
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer 'n bakplaat. Smelt die botter
en roer die gouestroop by. Laat afkoel. Klits die eier by. Sif die droë
bestanddele saam en roer dit afwisselend met die melk in die stroop-mengsel.
Verkoel deeglik in die yskas tot dit styf genoeg is om te vorm. Maak balletjies
en sit dit op die bakplaat. Druk dit effens plat met 'n vurk. Bak vir ongeveer
10 minute tot lig-bruin.
GENERAAL KOEKIES
135 ml botter of margarien
125 ml bruinsuiker
1 groot eier
250 ml bruismeel
3 ml koeksoda
125 ml hawermout
125 ml klapper
125 ml gesoute grondbone
85 ml graanvlokkies, fyngedruk
Room die botter of margarien en bruinsuiker. Voeg die eier by en klits
dit goed. Sif die bruismeel en koeksoda by en vou dit by die eiermengsel in.
Voeg die hawermout, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep
lepelsvol van die deeg effens uitmekaar op ‘n liggies gesmeerde bakplaat. Bak
dit 10 - 12 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC, tot goudbruin.
HERTZOG KOEKIES
Kors:
450 ml koekmeel (ongesif afgemeet)
35 ml strooisuiker
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125g margarien by kamer temperatuur
15 ml koue water
3 gele van ekstra groot eiers
Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die
margarien liggies met vinger punte in tot goed gemeng. Klits die eiergele en
water effens. Voeg by die meelmengsel en meng tot 'n sagte, hanteerbare deeg.
Voeg nog 'n bietjie water by as die deeg te styf is. Knie die deeg goed. Bedek
en laat eenkant staan. Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer die holtes van
kolwyntjiepannetjies. Rol die deeg dun uit op 'n meelbestrooide werkoppervlak.
Druk groot sirkels met 'n koekiedrukker uit en voer die panne en holtes daarmee
uit.
Vulsel:
50 - 75 ml fyn appelkooskonfyt
3 eierwitte van ekstra groot eiers
300 ml suiker
500 ml klapper
Skep 'n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie. Klits
die eierwitte tot styf. Klits die suiker geleidelik in. Roer die klapper in.
Skep lepelsvol van die vulsel op die appelkooskonfyt op die korsies. Bak die
koekies 20 - 25 minute op die middelste oondrak. Laat hulle effens in die panne
afkoel. Lewer 12 - 15 porsies.
KOFFIE KOEKIES
750 ml botter
250 ml suiker
25 ml stroop
25 ml koffie ekstrak
5 ml vanielje geursel
60 ml melk
5 ml koeksada
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout
Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met
koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20
minute by 180ºC.
Vulsel:
250 ml suiker
125 ml melk
250 ml botter
5 ml vanielje geursel
Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar
koekies en sit op mekaar.
KOOKMELK KOEKIES
6 x 250 ml ongesif afgemeet koekmeelblom
1 ml sout
500g margarien
500 ml suiker
125 ml melk
10 ml koeksoda
Meng koekmeelblom en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed
gemeng. Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot
kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin
skuim wanneer dit begin kook. Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng
goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel. Maak toe en verkoel oornag. Maak koekies
en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat. As die deeg in balletjies gerol
word, druk hulle met ‘n vurk platter. Bak in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir
10 - 12 minute. Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal
koud te word. Hierdie deeg kan
ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms. Lewer
sowat 12 dosyn koekies.
MA SE HAWERMOUTKOEKIES
500 ml hawermout
250 ml suiker
250 ml meelblom
250 ml fyn klapper
12.5 ml stroop
250 ml botter
5ml koeksoda
Smelt botter en stroop en roer die koeksoda in. Dit moenie te warm
wees nie, anders gis alles uit, ook nie te koud nie, anders proe alles na
koeksoda (jy weet seker). Voeg die res van die droë bestandele by. Gooi in lae
pannetjies en bak in die oond tot dit bruin is teen 180ºC. Sny terwyl dit nog
warm is.
MILJOENERS BROSBROOD
250g sagte botter of margarien
5ml vanielje geursel
100 ml suiker
800 ml koekmeelblom
125g gekapte neute
1 eiergeel
25 ml brandewyn
Versiersuiker
Voorverhit die oond tot 160ºC en voer 2 bakplate uit met bakpapier.
Verroom die botter of margarien en suiker goed saam tot lig en romerig. Klits
die eiergeel, brandewyn en vanielje geursel by. Voeg die meel en neute by en
knie tot ‘n sagte deeg. Rol in bolletjies, druk effens plat en pak op bakplate.
Bak 30 minute tot gaar, maar steeds lig van kleur. Pak warm in ‘n bak met
versiersuiker en laat dit so afkoel.
OUTYDSE SOETKOEKIES
10 koppies meel
4 koppies suiker
500g margarien
6 eiers
10 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie lou water
Sif alle droë bestanddele saam. Klits botter en suiker vir ongeveer 10
minute tot room, en voeg eier een vir een by. Klits goed. Voeg droë bestanddele
by die suiker, margarien en eier mengsel. As deeg ‘n bietjie styf is voeg ‘n
kwart tot ‘n halwe koppie lou water by en meng deur. Laat deeg vir ongeveer een
uur staan. Rol uit op meel bestrooide oppervlakte en druk uit. Pak in gesmeerde
bakplate. Bak teen 180°C vir 10 minute of tot ligbruin.
OUTYDSE SPESERYKOEKIES
425g banketmeelblom
3 ml sout
3 ml koeksoda
5 ml fyn kaneel
3 ml fyn naeltjies
200g karamelbruinsuiker
125g botter
1 eier (geklits)
90 ml sjerrie of port
5 ml lemoenskil, gerasper
Neute vir versiering
Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf
botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur
lank staan. Rol deeg uit tot 3mm dikte. Druk ronde koekies uit. Druk ‘n neut in
die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15
minute lank in voorverhitte oond by 200ºC.
REPELSTEELJIES
250g botter
500 ml koekmeelblom
2.5 ml sout
2.5 ml bakpoeier
650 ml gerasperde Cheddarkaas
Appelkooskonfyt