BOOMKOEK
275 ml botter
300 ml strooisuiker
6 ekstra groot eiers, waarvan 4 geskei is
5 ml vanielje geursel
5 ml rum of brandewyn
300 ml koekmeelblom
200 ml mielieblom
15 ml bakpoeier
500 ml versiersuiker
Ongeveer 100ml water
Voorverhit die oond tot 180ºC. Voer ‘n 23cm koekpan uit met waspapier.
Verroom die botter en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg die twee heel eiers
en vier eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg die
vanielje geursel en brandewyn by en meng goed. Sif die droë bestanddele by, behalwe
die versiersuiker. Voeg geleidelik by die bottermengsel. Meng goed. Klits die
eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep 125 ml van die mengsel in die
voorbereide pan, maak gelyk en bak 12 minute lank. Skep nog 125 ml op die
gebakte laag, maak gelyk tot teen die kant, bak nog 10 - 12 minute lank of
totdat die laag gaar is. Herhaal die lae totdat jy ten minste agt lae het. (Sit
‘n bakkie met water onder in die oond om te verhoed dat die onderste laag
brand). Laat effens afkoel in die pan en keer dan op ‘n draadrakkie uit om
heeltemal koud te word. Sif die versiersuiker en meng met net genoeg water om ‘n gladde dik versiersel te maak. Giet oor die koek.
KARRINGMELK SJOKOLADEKOEK
1½ koppie strooisuiker
125 ml botter
125 ml kakao
250 ml warm water
500 ml meelblom
2 eiers
125 ml karringmelk
10 ml vanielje geursel
5 ml kremetart
5 ml koeksoda
¼ teelepel sout
Meng kakao met warm water. Meng koeksoda met karringmelk. Sif droë
bestandele. Klop botter en suiker goed. Klop eiers goed. Voeg eiers by botter.
Voeg dit by meel om die beurt met kakao en melk. Gooi vanielje geursel by. Klop
met houtlepel. Bak by 180ºC vir 25 minute.
KLASSIEKE VRUGTEKOEK
50g glanskersies
45 ml brandewyn
850g droëvrugte koekmengsel
50g neute
225g koekmeelblom
2 ml sout
2 ml gemengde speserye
1 ml vars gerasperde neutmuskaat
225g ongesoute botter
225g melassesuiker
4 ekstra groot eiers
15 ml melasse
Gerasperde skil van 1 suurlemoen
Gerasperde skil van 1 lemoen
Plaas die glanskersies in 'n vergiettes en spoel die stroop af. Droog
kersies goed af en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng
goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel. Bedek die houer en laat
die vrugte oornag week. Kap die neute fyn en sit dit opsy. Smeer 'n diep koekpan
met 'n deursnee van 20cm. Voer die boom en kante met 'n dubbele laag gesmeerde
waspapier uit. Bind 'n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif
die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en
suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op 'n
keer by die bottermengsel in. Vou af en toe 'n bietjie van die meelmengsel by
die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die
meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel,
neute en die res van die bestandele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit
gelyk. Bedek die koek met 'n dubbele laag waspapier met 'n gaatjie in die middel. Plaas die koek op 'n dubbel laag bruinpapier op die onderste
oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in 'n vooraf verhitte oond by 140ºC. As
'n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is
die koek gaar. Laat die koek 'n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op 'n
draadrak uit en sprinkel 'n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is.
Draai die koek in 'n dubbel laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot 'n jaar
in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en
daarna elke maand. Sprinkel brandewyn oor.
LEMOEN SPONSKOEK
2 eiers 10 ml
gerasperde lemoenskil
62,5 ml melk
62,5 ml lemoensap
425 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
200 ml suiker
1 ml sout
125 ml botter of margarien
Voorverhit oond tot 180ºC. Sif droë bestandele en voeg by res. Roer
met 'n houtlepel tot bestandele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium
spoed met 'n elektriese klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in
deursnee. Bak 30 minute.
Lemoenversiersuiker:
50 ml margarien
5 ml gerasperde lemoenskil
25 ml suurlemoensap
50 ml lemoensap
Versiersuiker
Knypie sout
Meng bestandele saam en versier koek daarmee.
ROOI FLUWEELKOEK
Koek:
100g botter
350g suiker
2 eiers
75 ml kakao
30 ml kookwater
2 bottels (30ml elk) voedsel kleursel
520 ml koekmeelblom
5 ml sout
250 ml karringmelk
5 ml vanielje geursel
5 ml koeksoda
5 ml witasyn
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer twee 20cm losboomkoekpanne met
margarien. Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiers
een vir een by en klits na elke byvoeging. Meng die kakao, kookwater en
voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm. Voeg by die botter mengsel en
meng. Sif die koekmeelblim en sout saam. Meng ook die karringmelk en vanielje
geursel saam. Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed.
Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne.
Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.
Versiersel:
250 ml melk
90 ml koekmeelblom
275 ml suiker
250 ml botter
5 ml vanielje geursel
sjokolade-vermicelli om bo-oor te strooi
Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde
pasta. Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt. Roer
gedurig. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed. Voeg
by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik. Roer gedurig. Verroom
die botter tot sag. Voeg die vanielje geursel by. Giet die melkmengsel by en
klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room. Koel af. Smeer ‘n bietjie van die
versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek
met die res van die versiersel. Strooi ‘n bietjie vermicelli bo-oor.
WORTELKOEK
500 ml bruismeel
2 groot piesangs
10 ml bakpoeier
200 ml sagte bruinsuiker
knippie sout
250 ml grof gerasperde wortels
125 ml pekanneute
2 groot eiers
150 ml sonneblomolie
5 ml kaneel
1 ml neutmuskaat