BRANDEWYN TERT
Dit is 'n heerlike klam tert dié. Moenie skrik vir die boontjies nie,
'n mens proe dit glad nie. Bedien met room of roomys.
Sous:
250 ml perske en lemoensap mengsel
5 ml vanielje geursel
65 ml brandewyn
Laat kook al die sous bestanddele vir 5 minute saam en giet oor die
warm tert.
Beslag:
125g dadels, gekap
100 ml kookwater
10 ml koeksoda
15 ml canola of olyfolie
250 ml klein wit of botterboontjies, fyn gedruk
1 groot appel, gerasper
200 ml sagte bruinsuiker
2 eiers, geklits
5 ml vanielje geursel
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
Knippie sout
125 ml hawersemels, vasgedruk
12 pekanneut helftes, gekap
125 ml hoëvesel-ontbytgraan, fyn gedruk
Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer 'n tertbak liggies. Giet die
kookwater oor die dadels en laat 'n rukkie staan sodat die dadels kan sag raak en druk dan
fyn. Voeg die koeksoda by en roer totdat die mengsel skuim. Meng die
fyngemaakte boontjies en gerasperde appel by die dadel mengsel en laat 'n rukkie
staan om te laat afkoel. Roer die olie en suiker by, en daarna die geklitste
eiers en vanielje geursel. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg al
die droë bestanddele geleidelik by. Giet in die gesmeerde tertbak en bak vir 50
minute. Sny dit terwyl dit nog warm is. Lewer 12 porsies.
GRENADELLA YSKASTERT
1 Blikkie ingedampte melk (oornag verkoel)
1 klein blikkie grenadellamoes
½ koppie strooisuiker
1 pakkie suurlemoenjellie
1 koppie kookwater
2 x 200g Tennisbeskuitjies
Klop die ingedampte melk tot styf. Voeg strooisuiker by en dan die
grenadellamoes. Meng jellie met die kookwater en laat koud word. Meng met die
melkmengsel. Plaas ‘n laag beskuitjies in ‘n groot genoeg tertbak. Gooi ‘n laag
van die melkmengsel bo-oor. Herhaal weer met ‘n laag beskuitjies en daarna weer
melkmengsel. Strooi paar krummels bo-oor. Laat staan vir ongeveer 15 minute.
Plaas in yskas en verkoel tot gestol.
JODE TERT
500 ml meelblom
¼ koppie suiker
10 ml bakpoeier
10 ml vanielje geursel
¼ koppie botter of margarien
2 eiers
Knippie sout
lop botter en suiker tot room. Voeg eiers een vir een by en klop goed.
Voeg geursel by. Sif droë bestanddele saam. Meng met bottermengsel tot beskuitjiedeeg.
Sny in 6 gelyke dele. Rol elkeen uit en sny in rondtes. Steek vol gaatjies met
vurk en bak tot ligbruin.
Vulsel:
625 ml melk
125 ml suiker
2 eiergele
5 ml vanielje geursel
25 ml mielieblom (Maizena)
Klits eiergele en suiker. Maak mielieblom met bietjie melk aan. Voeg
vanielje geursel by en meng saam met eiermengsel. Maak hiermee 'n dik vla met
orige melk. Sit vla tussen koekrondtes. Krummel een koekrondte en strooi bo-op
en rondom.
KORSLOSE MELKTERT
Min van ons kan
'n sny donsige melktert - ryk met botter en geurige speserye - weerstaan. U sal
tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook !!
1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandel essens
10 ml fyn kaneel
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20
minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg
by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandel essens by.
Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer
met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit
glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het).
Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie-
of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is).
Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en
sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder. Vou eierwitte in
die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25 - 35 minute
by 190ºC (375ºF).
Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm
of by kamertemperatuur voor.
OUMIE PATRYS SE VLATERT
Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n 36cm x 26cm oondbak met
botter.
Stroop:
360 ml suiker
2 kaneelstokkies
5 ml suurlemoensap
375 ml water
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10
minute tot dik en stroperig. Laat afkoel. Haal kaneelstokkies uit voordat
stroop oor die tert gegiet word.
Vulsel:
1.5liter melk
180 ml suiker
250 ml botter
skil van 1 lemoen in repies, gesny
200 ml semolina (Tasty Wheat)
6 eiergele, geklits
Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg
semolina by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla
dik en romerig is. Haal van stoof af. Laat effens afkoel voordat die geklitste
eiergele bygevoeg word. Haal die lemoenskil uit.
Kors:
500g filodeeg
100 ml botter, gesmelt
12.5 ml kaneelsuiker
Sit ‘n vel filodeeg filodeeeg in die bak sodat die boom en kante bedek
is. Verf die deeg met gesmelte botter. Herhaal die proses met nog 6 velle
filodeeg. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat
elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies. Versprei die
repies oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en
kaneelsuiker oor. Bak vir 45 - 50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop
oor warm tert. Sny in vierkante en sit louwarm voor.
PIESANG TERT
Kors:
200g Tennis beskuitjies
30 ml suiker
2 ml fyn kaneel
Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboomtertpan daarmee uit.
Vulsel:
3 klein ryp piesangs, fyngemaak
1 blikkie kondensmelk
15 ml suurlemoensap
1 eiergeel
50 ml geroosterde klapper
Voorverhit die oond tot 200ºC. Meng alle bestanddele, behalwe klapper,
giet in tertdop. Bak vir 30 – 40 minute lank of tot stewig. Sprinkel klapper
oor.
PYNAPPEL YSKASTERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
125 ml appelkooskonfyt
25 ml sjerrie
1 pakkie suurlemoenjellie
250 ml kookwater
1 blikkie kondensmelk
440g (1blik) fyn pynappel
Geklopte room vir versiering