AARTAPPELSUURDEEG
2 medium aartappels geskil en gerasper
25 ml suiker
25 ml suiker
500 ml kookwater
10 ml sout
10 ml sout
3 ml aktiewe gis
125 ml lou water
125 ml lou water
Fles met deksel
Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125 ml lou
water. Meng suiker, sout, en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel.
Gooi in fles en skroef toe - nie styf nie. Maak warm toe en laat 6 tot 8 uur
lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of
selfs uitloop as gis baie aktief is. As gis te lank gehou word sal gis verswak.
Hou 250 ml gis in fles vir plantjie.
Syg die res deur draadsif. Knie volgens insuur of direkte deeg metode.
Opmerking: Die plantjie sal 8 tot 10 dae lank op ´n koel plek goed
hou. As dit weer aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie, net die res
van die bestandele. As plantjie mettertyd verswak moet ´n klein hoeveelheid gis
bygevoeg word, of anders kan
´n nuwe plantjie gemaak word.
BILTONG
25 kg vleis van goeie gehalte, bv. dy, diklies of binneboud
200 - 400ml heel koljander
500g - 1kg sout
500g - 1kg sout
12.5 ml salpeter
25 ml koeksoda
25 ml koeksoda
12.5 ml peper
Asyn
Asyn
Warm water
225 ml suiker
225 ml suiker
Sny die vleis met die draad langs in lang stroke - so dik of dun soos
jy dit verkies. Onthou: hoe minder vet
aan die vleis is, hoe langer kan
dit gebêre word omdat vet mettertyd galsterig word. Verhit 'n pannetjie oor
matige hitte en rooster die koljander daarin, totdat dit 'n welriekende geur
begin afgee.
Maal en sif die geskroeide koljander. Meng die koljander, sout,
suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf die mengsel met die hand oor elke
stuk vleis. Pak die vleis in lae in 'n houtbalie, erdehouer of plastiekhouer en
strooi die orige soutmengsel tussen elke laag. Pak die dik gesnyde stukke onder
en die dunner stukke bo-op. Sprinkel 'n bietjie asyn bo-oor die vleis en laat
dit oornag staan. Biltong met baie vet aan moet langer lê, want dit neem langer
om sout te absorbeer. Meng 200 ml asyn met elke 2.5 liter water en spoel elke
stuk vleis vinnig daarin af voordat dit op 'n koel, droë plek gehang word.
Hang die biltonge die eerste dag in die son op en daarna in die koelte
- weg van mekaar af. Biltong kan
ook binneshuis hang, maar dan moet daar 'n goeie trek wees. 'n Elektriese
waaier kan
help om die lugvloei te verbeter. Laat die biltonge hang totdat dit so droog is
soos verkies.
BOERE CROISSANTE
900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
1 ml rooipeper
125g botter of margarien
500 ml Cheddarkaas, gerasper
500 ml Cheddarkaas, gerasper
300 – 325 ml melk
1 eiergeel
1 eiergeel
Voorverhit die oond tot 200ºC. Spuit 'n bakplaat met kleefwerende
kossproei of smeer goed met botter of margarien. Sif die droë bestanddele saam
en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels
lyk. Voeg die kaas en ongeveer 275 - 300ml melk by om 'n stywe deeg te vorm wat
uitgerol kan
word. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke. Rol elke deegstuk dun uit op
'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm. Sny
die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n
wiel in agt ewe groot stukke. Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe
op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie
uitmekaar op die gesmeerde bakplaat. Klits die eiergeel met die orige melk en
bestryk die rolletjies
daarmee. Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15
minute lank tot gaar of goudbruin.
Lewer 32 croissante.
MELKKOS
Snysels:
3 eiers
2.5 ml sout
2.5 ml sout
250 ml koekmeelblom
Water
Water
Kokende melk
2 stukke heel kaneel (opsioneel)
2 stukke heel kaneel (opsioneel)
Kaneelsuiker
Klits eiers en sout effens. Voeg koekmeelblom by en meng goed. Voeg
genoeg water by om 'n stywe deeg te vorm. Knie deeg lank en goed tot dit
elasties is. Rol sowat 6 mm uit op 'n meel bestrooide oppervlak uit. Sny met 'n
skerp mes in dun repies. Kook die snysels sowat 15 - 30 minute lank in kokende
melk (gebruik 250 ml melk per persoon) tot dit gaar is. Voeg 2 stukke heel
kaneel by indien verkies. Skep in diep borde en strooi kaneelsuiker oor.
MOSBOLLETJIES
1kg meelblom
10g kitsgis
10g kitsgis
1 blikkie kondensmelk
30 ml suiker
30 ml suiker
5 ml sout
90g margarien
90g margarien
500 ml louwarm water
Sif meelblom en sout. Voeg gis en suiker by. Smelt margarien en voeg
kondensmelk by. Voeg by meelblommengsel. Voeg water geleidelik by om sagte deeg
te vorm. Knie goed vir 15 minute. Bedek en laat rys. Wanneer deeg tot dubbel
die grootte het, knie af en vorm in bolletjies. Plaas in gesmeerde broodpan en
laat in warm plek rys. Wanneer grootte verdubbel het, verglans met geklitste
eier en bak teen 200ºC vir 45 minute.
PAASBOLLETJIES
450g witbroodmeel
80g koue botter
80g koue botter
10g sakkie kitsgis
5 ml sout
5 ml sout
10 ml gemaalde kaneel
10 ml gemengde speserye
10 ml gemengde speserye
50g strooisuiker
100g droëvrugte koekmengsel
100g droëvrugte koekmengsel
50g droë appelkose, gekap
1 groot eier, geklits
1 groot eier, geklits
300 ml warm melk
50g koekmeelblom
50g koekmeelblom
Heuning of stroop as glaseersel
Sif die broodmeel in 'n groot bak. Vryf die botter met jou vingerpunte
in tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Roer die gis, sout, speserye,
suiker en vrugte in. Meng die eier en melk saam en voeg dit geleidelik by tot
dit 'n stywe deeg vorm. Keer die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak en knie dit
deeglik vir 10 minute. Verdeel die deeg in 12 stukke en rol elkeen in 'n
bolletjie. Plaas dit op 'n gesmeerde bakplaat. Bedek ligweg met 'n lap en laat
op 'n warm plek staan tot die bolletjies dubbel hul grootte gerys het. Meng die
meelblom en water en maak 'n kruis bo-op elke bolletjie. (Gebruik 'n versiersak
hiervoor). Bak vir 25 - 30 minute in 'n voorverhitte oond tot deurgaar en
goudbruin. Haal die bolletjies uit die oond en "verf" warm heuning of
stroop oor.
SKONS
750 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
15 ml bakpoeier
1 eier
250 ml melk
250 ml melk
Knippie sout
37.5 ml botter
37.5 ml botter
Vryf botter in die meel in. Meng die eier, melk en klein bietjie olie.
Sny die melkmengsel in. Meng verder met die hand tot styf. Rol uit met die
hand. Gebruik 5 cm koekdrukkers vir vorm en verf bietjie eiergeel bo-op voor
dit in die oond bak vir 10 minute op 200ºC.
SONGEDROOGDE TAMATIES
Halveer tamaties wat lekker ryp is. Sit oopkant na bo in oond. Strooi
sout en suiker oor. Droog soos met beskuit. Dit moet nog elasties wees. Bedek
met olyfolie in bottels. Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie
roosmaryn in bottels.
VETKOEK
500g witbroodmeel
5 ml sout
5 ml sout
5 ml suiker
10g kits droëgis
10g kits droëgis
40 ml botter
± 625 ml louwarm water
± 625 ml louwarm water
Olie vir diepbraai
Meng meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter met vingerpunte tot
mengsel soos brood krummels lyk. Voeg louwarm water geleidelik by om 'n sagte
deeg te vorm - indien nodig kan
nog 'n bietjie water bygevoeg word. Knie tot glad en elasties. Bedek en laat
staan vir 10 minute. Vorm vetkoeke, plaas op 'n gesmeerde plaat, bedek en laat
rys tot dubbel die volume. Diepbraai in olie tot goudbruin en gaar.
Lewer 18 vetkoeke.
WORSROLLETJIES
Vulsel:
1 kg maalvleis
2 snye witbrood(gekrummel)
2 snye witbrood(gekrummel)
15 ml sout
25 ml asyn
25 ml asyn
25 ml spekvleis, swoerdloos, gesnipper
10 ml koljander
10 ml koljander
Knypie neutmuskaat
Knypie kaneel
Knypie kaneel
Smaakmiddels na smaak
Braai alle vulsel bestanddele saam totdat die vleis bruin verkleur.
Laat afkoel.
Deeg:
4 x 250 ml koekmeelblom
5 ml sout
5 ml sout
500g botter
12.5 ml suurlemoensap
12.5 ml suurlemoensap
1 eiergeel
250 ml water
250 ml water
Sif meelblom en sout saam. Vryf botter in tot dit lyk soos
broodkrummels. Voeg eiergeel, suurlemoensap en genoeg water by om ‘n hanteerbare deeg te vorm. Rol
deeg uit op ‘n meel bestrooide oppervlak. Plaas bietjie vleis bo-op deeg. Smeer
kante met eierwit. Rol op. Verf mengsel van geklitste eiergeel en melk bo-oor.
Bak vir 45 minute lank in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC tot goudbruin. Sny in
worsrolletjies.
Lewer ongeveer 5 dosyn
worsrolletjies.
Please support our sponsors